Sori Sakkie – vir die Huis

R70.00

Die Sori Sakkie is ‘n dissipline hulpmiddel vir ouers. Kyk na die video met instruksies en maak jou eie Sori Sakkie met die templaat. Lees asb meer detail onder.

Sold By: Hettie Brittz

Description

Immergroen se Sori Sakkie

Die Sori Sakkie is ‘n dissipline hulpmiddel wat kinders aanmoedig met die nakom van reëls, en ouers aanmoedig om gesag konsekwent toe te pas en die gevolge van reëls wat nie nagekom word nie aan kinders te demonstreer op ’n kreatiewe en deernisvolle manier.

Dis ‘n sakkie wat kaartjies bevat waarop gevolge vir oortredings aangedui word. Dis ideaal vir:

  • daardie dae wanneer kinders klein oortredings begaan waarvoor geen logiese gevolg homself voordoen nie, maar wat jy ook nie kan oorsien nie!
  • die kind wat voel jy “pik” op hom/haar of jou beskuldig van onregverdigheid.
  • uitstappies na die winkel of lang ritte na die vakansie bestemming.

Die Sori-sakkie is ook in skool-formaat beskikbaar – die kaartjies is kreatief geselekteer vir die klaskamer.

Die inhoud: 

  • Hoe om die Sori sakkie te gebruik
  • Template om jou eie Sori sakkie te maak

Die formaat:

  • Hierdie aanlynkursus bevat ‘n video deur Hettie Brittz.
  • ‘n aflaaibare templaat in PDF-formaat om jou eie Sori Sakkie te maak.
  • en ‘n aflaaibare PDF met die kaartjies om die sakkie mee te vul.

Hoe werk dit? 

  • Voeg hierdie produk in jou mandjie.
  • Gaan na Checkout, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
  • Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
  • Jy het lewenslange toegang en kan die videos soveel keer kyk as wat jy wil.

Ontdek vandag nog dat dissipline pret kan wees!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sori Sakkie – vir die Huis”