Verstaan jou tiener beter
R0.00
Videos deur Hettie Brittz oor ouers se verhouding met hul tieners. Deel 1 van 4 in die reeks: Ek en my tiener.
Sold By: Hettie Brittz
Description
Verstaan jou tiener beter
Die eerste deel van die reeks oor ‘Ek en my Tiener.*’
Die Inhoud:
Dis uiters belangrik om ‘n goeie verhouding met jou tiener te hê. Dis egter nodig om hul te verstaan om verhouding te bou. Hettie deel ‘n paar gedagtes oor die volgende temas om te verseker dat jy jou tiener beter verstaan:
- ‘n Nuwe verhouding met my tiener
- Ek kan nie met my tiener praat nie
- My tiener wil nie dinge saam met die gesin doen nie
- My tiener se toe kamerdeur
- Is my tiener selfsugtig?
Let wel: Hierdie videos was uitgesaai op Kyknet se Dagbreek program in 2013. Dit is ook later verkoop op ‘n DVD getiteld: Immergroen Ouerskapwenke vir Tieners, maar is nie nou meer in daardie formaat beskikbaar is nie.
Die formaat:
- Hierdie aanlynkursus bestaan uit 5 videos met praktiese vrae by elkeen.
Hoe werk dit?
- Voeg hierdie produk in jou mandjie, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
- Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
- Jy kan slegs die videos via streaming kyk – dit kan nie afgelaai word nie.
- Jy het lewenslange toegang en kan die videos soveel keer kyk as wat jy wil.
Bou verhouding met jou tiener vandag!
*Loer gerus ook na die ander kursusse in die reeks: ‘Ek en my Tiener’ hier.
Let wel: Ons mees volledigste video-kursus vir ouers van tieners is ‘The Teen Parenting Garden‘ en is ongelukkig slegs in Engels beskikbaar.