REEKS: EK EN MY TIENER
Ouers van tieners voel soms raadop… en soms gee ouers ook op. Ons glo dat dit nooit te laat is om ‘n impak op ‘n kind se lewe te hê nie – al voel dit asof tieners, of pre-tieners, nie heeltemal mens is nie, en verseker nie dink soos jy nie.
Hettie deel raad en idees met die grootmaak van tieners – dalk gee dit jou nuwe perpektief?
Let wel: Hierdie produkte bestaan uit videos deur Hettie Brittz – dit was uitgesaai op Kyknet se Dagbreek program in 2013. Dit is ook later verkoop op ‘n DVD getiteld: Immergroen Ouerskapwenke vir Tieners, maar is nie nou meer in daardie formaat beskikbaar is nie.