So se Oupa, so se Ouma
R80.00
Bestel hierdie boekie as ‘n geskenk vir Ouma of Oupa. Lees gerus meer onder:
In stock
Description
Hierdie boekie is ‘n ideale geskenk vir ouma en oupa. Dit is nou op ‘n spesiale uitverkoping – daar is slegs 20 boekies oor: Betaal slegs die posgeld!
Voorwoord deur Riekert Botha, bekende radiopersoonlikheid, spreker en skrywer van Pleisters vir die siel:
“Wat ‘n voorreg is dit nie om ‘n pa te kan wees nie, maar meer nog so om oupa te kan wees! Ek slyp behoorlik my tande vir die groot dag om aan te breek. In hierdie boek kom die deernis en Godgegewe roeping en rol van ‘n ouma en oupa duidelik na vore. Die skoonheid van God se plan gryp jou behoorlik aan die hart. Dis gevul met soveel humor, waardering en diepte dat mens dit beswaarlik kan neersit. Mag God gee dat ek en my vrou ook eendag hierdie rol met soveel wysheid en liefde sal kan vervul. Lees en word geïnspireer!”
Voorwoord deur Ewald van Rensburg, predikant en bekroonde skrywer en Beatrix van Rensburg, kinder- en gesinsterapeut:
“Oumas en Oupas is spoormakers hemel toe. Hierdie lekkerleesgeselsboek gaan help om die spore én die herinneringe nog dieper te maak.”
Voorwoord deur Hettie Brittz, skrywer van Kweek kinders met karakter en stigter van Immergroen Ouerskap:
“My kinders is gelukkig om Petru en Ida Gräbe te ken as hulle eie oupa en ouma. Ek as hulle dogter is bevoorreg dat hulle altyd hulle spesiale band met my kinders gebruik om al drie generasies nader aan mekaar te trek. Hulle deel met deernis wenke vir hierdie onvervangbare rol sonder om te preek of te spog. Hulle herinneringe sal met elke leser s’n resoneer. Hulle ouerskapwysheid is my fondament.”
Petru en Ida Gräbe het vier kinders en elf kleinkinders. Petru is ‘n afgetrede Wiskundeprofessor en koorleier. In Junie 2013 het sy boek Botone van ‘n koorlewe -40 jaar se koorstories verskyn. Sedert haar aftrede as redigeerder, skryf Ida fiksie. Hulle woon aan die rand van die Waterberge in ‘n natuurbewaringsgebied in die Thabazimbi-bosveld.
Published by Green Hope Media © Copyright Green Hope Media 2013
You must be logged in to post a review.
Reviews
There are no reviews yet.