“Mammas mag maar” potgooi reeks

Current Status

Not Enrolled

Price

Closed

Get Started

This course is currently closed

Ons Moedersdag geskenk aan jou liewe Mamma.

Elke stukkies is net 3min lank – bederf jouself met een ‘n dag vir die volgende 10 dae (soos wat jy met die sjokolade-geskenk gaan doen).

Al sou die kinders skree of kerm en al sou die wêreld vinger wys na jou manier van ma-wees, kan jy maar seker weet jy mag eintlik foute maak, jy mag tussen skietgebedjies deur bewe, jy mag ouer word en met jouself genade hê.

Die Here maak self ook ongehoorsame kinders groot. Hy het sekerlik tye wat Hy sy kinders met ‘n skaterlag geniet, net soos ek en jy. Hy verstaan dus alles van die vreugdes en frustrasies van ma-wees. Hy wil jou deur hierdie boodskappies bemoedig, beloon en bemagtig om elke nuwe ma-wees-dag moedig aan te pak.

Omdat ek self ma is van drie kinders, en elke jaar met soveel mammaharte en oumaharte die heilige grond van ma-wees deel, kom hierdie boodskappe met ‘n stywe drukkie. Net ons wat ma’s is sal weet hoe nodig ons almal genade het!


Groete
Hettie Brittz (en Lydia & Nanette – die span agter die webtuiste.)

Course Content

Mamma mag maar slegte punte kry
Mamma mag maar u-draaie maak
Mamma mag maar uit die oudedoos wees
Mamma mag maar kitskos opdis
Mamma mag maar opgegee word vir aanneming
Mamma mag maar jaarringe dra
Mamma mag maar vlugfantasiee koester
Mamma mag maar klik en spog
Mamma mag maar bewe en bid
Mamma mag maar slof en snuif