Zoom-praatjie – Realiteit: Huiswerk word Tuiswerk na grendeltydperk
Hierdie was ‘n opname van ‘n Zoom-praatjie op Facebook live op 20 Julie
Waaroor gaan hierdie praatjie?
Annique Senekal, oud-onderwyseres en ouer gesels met ons oor hoe ouers en onderwysers brûe kan bou om die leerders te versterk wat huiswerk aanbetref. Wat is die langtermyn-perspektief wat huiswerk nastreef? Wenke en praktiese raad vir beide ouers en onderwysers word gedeel om ‘n positiewe ingesteldheid uit te beeld vir kinders rondom huiswerk. Ook word gefokus op huiswerk perspektief, gesond of ongesond? Definitief ‘n praatjie om nie te mis nie!
Meer oor die spreker: Annique Senekal
Annique Senekal is ‘n oud-onderwyseres en ouer en het ‘n passie vir ouerskap sowel as onderrig. Sy is tans besig met haar doktoraal en ‘n ‘well of wisdom’ wanneer dit kom by die ontwikkeling van kinders en skoolkonteks. Sy is getroud en woon in die Karoo en bedien haar omgewing getrou, met deernis en soveel wysheid. Sy is ook die skrywer van ‘n boek wat beskikbaar op die Immergroen Ouerskap webwinkel, Afrikaans Huistaal vir die Laerskool. Hierdie boek is beslis aan te beveel vir ouers wat ‘n liefde vir Afrikaans by hulle kinders wil kweek deur dit te verstaan. Die boek is maklik verstaanbaar en kan daagliks gebruik word.