Zoom-praatjie – Bou jou kind se selfbeeld

R50.00

Zoom-Praatjie: Maandag 22 Junie 2020, om 20:00.

Kotie Pieters praat met ons oor hoe jy as ouer jou kind kan help versterk vir die lewe en vir die grootmaak proses.  Selbeeld bou kry ons nie reg deur net mooipraatjies nie, dit sal soos ‘n ballon wees wat maklik by die naaste skerp voorwerp (of tong), sal bars.  Waarheidsfondasie oor God word gele en in die proses leer elke kind oor hom/haarself.

Kotie Pieters woon in die Koue Bokkeveld, Weskaap en is getroud met Nantes. Sy doen lewensvaardigheidsopleiding in onderwerpe soos persoonlike groei en selfbeeld, kommunikasie en ontwikkeling.

Koop jou kaartjie:

Sodra jy hierdie produk gekoop het, sal jy toegang kry na die zoom-praatjie bladsy (via ‘n e-pos.)  Daar sal jy meer inligting kry asook die Zoom Meeting ID ‘n paar minute voor die praatjie begin. Jy gaan dus Maandagaand, net voor die praatjie begin, moet terugkeer na ons webtuiste.

Let asseblief op die volgende:

  • Daar is slegs 50 kaartjies beskikbaar.
  • Die praatjie word aangebied op Zoom. Bywoners gaan die nodige sagteware vooraf moet aflaai.
  • Jy kan slegs ‘n kaartjie vir jouself aankoop – kaartjies is nie oordraagbaar nie.
  • Kaartjieverkope sluit Maandag 22 Junie @ 13:00 (of totdat voorraad hou.)

In stock

Category: