Zoom-praatjie -Weet jy wat jou kind voel?
R0.00
Pastorale berader en spelterapeut, Marietjie Nel, het op 1 Junie 2020 met ons gepraat oor hoe kinders die huidige situasie rondom die uitbreek van Covid en die meegaande veranderinge mag beleef en hoe om dit te hanteer.
Lees meer inligting hieronder:
Description
Weet jy hoe jou kind voel?
Hierdie is ‘m opname van ‘n Zoom Gesprek wat in Junie 2020 plaasgevind het.
Die uitbreek van Covid het ons wêreld verander. Marietjie Nel deel moontlike tekens waarvoor ons kan uitkyk by die verskillende ouderdomme, sowel as ‘n paar handige wenke oor hoe om dit te hanteer. Buiten die feit dat jou kind bepaalde verliese in die tyd beleef, was daar dalk ook groter verliese, soos om iemand aan die dood af te staan en hoe hanteer ons dit in die huidige situasie.
Die formaat:
- Hierdie is ‘n video wat opgeneem is tydens ‘n regstreekse praatjie wat op Zoom aangebied was. 60min in totaal.
Hoe werk dit?
- Voeg hierdie produk in jou mandjie, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
- Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
- Jy kan slegs die videos via streaming kyk – dit kan nie afgelaai word nie.
- Jy het lewenslange toegang en kan die videos soveel keer kyk as wat jy wil.