Zoom-praatjie – Bytjies en Blommetjies
R50.00
‘n Opname van ‘n Zoom-praatjie deur Chanell Beukes oor hoe ouers met hul kind(ers) kan praat oor seks en seksualiteit. Lees asb meer onderaan.
Sold By: Chanell Beukes
Description
Hoe kan ouers met hul kind(ers) praat oor seks en seksualiteit?
(Hierdie is ‘n Zoom-praatjie wat op 3 Augustus 2020 opgeneem was.)
Chanell Beukes gesels met ouers oor die vrae wat kinders tipies vra oor die bytjies en die blommetjies.
Dit is die taak van ouers om kinders te beskerm teen skadelike en verkeerde informasie, maar ons weet nie altyd hoe om die onderwerp aan te raak of die inligting oor te dra nie. Kom kry antwoorde en ‘n strategie om jou kinders en tieners weerbaar te maak teen vals konsepte wat ‘n toekoms kan vernietig.
Meer oor die spreker: Chanell is ‘n Immergroen Ouerskap Fasiliteerder wat gereeld die ouerskapkursus aanbied. Sy is ook ‘n Lewensafrigter en die direkteur van LEWAH Life Coaching. Kontak haar gerus by chanell@lewah.co.za of op WhatsApp by 082 573 9691.
Die inhoud:
- Gesonde konsepte oor seks en seksualiteit
- Die vrae wat kinders vra (en oor wonder)
- Moontlike antwoorde en ‘n strategie om jou eie antwoorde te formuleer.
Die formaat:
- Hierdie aanlynkursus bevat ‘n videoopname deur Chanell Beukes. 60min in totaal.
Hoe werk dit?
- Voeg hierdie produk in jou mandjie, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
- Daarna sal jy die titel vind onder My PROFILE > MY COURSES.
- Jy het lewenslange toegang en kan die video soveel keer kyk as wat jy wil.