“Mammas mag maar” Potgooi reeks
R60.00
“Mammas mag maar” deur Hettie Brittz, is ‘n potgooi reeks wat uit 10 episodes bestaan. Elke week word twee episodes opgelaai. Lees meer besonderhede onder:
Sold By: Hettie Brittz
Description
“Mammas mag maar” Potgooi reeks
Vandag se mammas moet lyk asof hulle nog nooit babas gehad het nie, moet tyd vind om hulle naels professioneel te laat doen, en boonop glutenvry en lae GI-kosse kook. Hulle moet by al hulle kinders se aktiwiteite wees, met alle huiswerk help maar nie oorbetrokke wees of hulle mans afskeep nie … Is daar enige ma wat by al die eise kan uitkom? Ek deins al ‘n maand voor Moedersdag terug vir die onafwendbare voorlesing van Spreuke 31 tydens die jaarlikse moedersdagkerkdiens. Hulle verloor my wanneer dit by die deel kom waar die deugsame moeder deur die nag naaldwerk doen. Knope aanwerk ses maande nadat hulle afgekom het tel onder my naaldwerktopprestasies. Ek wonder dan of die e-posse wat ek snags beantwoord of die verslae wat my vriendinne snags tik dalk punte tel? Ek hoop sowaar dit doen, anders maak ek dit nie!
Hierdie boodskappe vir ma’s is bedoel om ‘n ma diep te laat asemhaal en verlig te laat sug. Dis die ideale geskenk vir elke ma wat haar bes probeer maar dit nie noodwendig altyd regkry om by die standaard uit te kom wat sy of ons kultuur aan haar stel nie. Sy gaan op tong-in die-kieswyse weer bevestiging kry van die wonderlike feit dat mammas nie perfek hoef te wees nie. ‘n Ma se liefdevolle moederhart hoef nie net op een manier te klop nie.
Dit bevry ma’s van al die moets en moenies deur ‘n paar “mag maars” met elke ma te deel. Ma mag maar… op onmoontlike tye huil, maak of ma haar eie kinders nie ken nie, die kos brand, winkels vermy totdat al die kinders mondig is, en vele meer. Die alledaagse stryd en die snaakse oomblikke van ma-wees word met deernis en humor gedeel, sodat elke ma die verblydende boodskap kry: Ma hoef glad nie ‘n superma te wees om my ma te wees nie!?
Die formaat:
- Hierdie reeks bevat 10 klanksnitte deur Hettie Brittz.
- Op die dag van aankoop ontvang jy toegang tot die eerste twee episodes… daarna word daar elke week nog twee episodes opgelaai totdat al tien episodes beskikbaar is.
- Jy ontvang ‘n e-pos as herinnering dat die volgende twee episodes opgelaai is.
Hoe werk dit?
- Voeg hierdie produk in jou mandjie, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
- Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
- Jy kan slegs die episodes luister via streaming – dit kan nie afgelaai word nie. Dit beteken dat jy aan die internet gekoppel moet wees en ingelog wees op ons webtuiste om na die episodes te kan luister.
- Jy het lewenslange toegang en kan soveel keer luister as wat jy wil.
Mamma, word bevry van al die moets en moenies!
*Let wel: Die inhoud van hierdie produk was in 2013 uitgegee as ‘n CD met dieselfde titel. Die CD’s is nie meer beskikbaar nie. Ons stel ook elke jaar hierdie inhoud vry rondom Moedersdag. Maak asb seker of jy nie reeds in die verlede hierdie aangekoop het nie.
You must be logged in to post a review.
Reviews
There are no reviews yet.