Luisterhulpbron – Jou Kind en Seksualiteit
R40.00
‘n Klanksnit deur Hettie Brittz oor kinders se seksualiteit. Lees meer details hieronder:
Sold By: Hettie Brittz
Description
Seks en seksualiteit – ‘n ongemaklike, maar uiters noodsaaklike gesprek met jou kind.
Ouers wat besef dat seksualiteit kinders se liggaam, siel en gees raak, wil graag sien dat hulle kinders op die regte tyd en die regte manier oor seksualiteit ingelig word. Hulle besef dat vandag se kinders in ‘n kultuur gedompel is wat deurweek is met seksuele aanslae. Pornografie kom deur elke denkbare kanaal en tienerswangerskappe kom al hoe meer en al hoe jonger voor. Laerskoolkinders moet nou al goed gewapen wees met inligting en weerbaarheid.
Hettie gee perspektief en waardevolle wenke sodat jy jou eie gedagtes kan formuleer oor watter inligting jy vir jou kind wil gee.
Die inhoud:
- Landswette
- Gereedheid vir ‘n seksuele verhouding
- Wat is God se bedoeling met seks?
- Ouers moet pro-aktief optree
Die formaat:
- Hierdie aanlynkursus bevat 4 klanksnitte deur Hettie Brittz. 60min in totaal.
Hoe werk dit?
- Voeg hierdie produk in jou mandjie, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
- Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
- Jy het lewenslange toegang en kan die klanksnit soveel keer luister as wat jy wil.
Kry vandag jou kop reg!
You must be logged in to post a review.
Reviews
There are no reviews yet.