Giggelgroen – Ons Immergroen Gesin

R180.00

Ons Immergroen Gesin is deel van Giggelgroen Kids – ons produkreeks vir kinders. Dit is ‘n program vir ouer-en-kind en is ontwikkel om die eerste gesprekke, nadat ouers die Immergroen Ouerskapkursus bygewoon het, met hul kinders te inisieer en vir ouers idees te gee om die nuutgevonde kennis en nuwe doelwitte aan hul kinders te verduidelik. Die program is geskik vir kinders van 3-10 jarige ouderdom. Lees asb. meer inligting onder.

Sold By: Hettie Brittz

Description

Ons Immergroen Gesin

Ons Immergroen Gesin” is ‘n program spesiaal vir kinders van Immergroen ouers. Ouers wat Hettie Brittz se Immergroen Ouerskapkursus voltooi het, is toegerus en gemotiveerd om hul gesin op ʼn nuwe roete te begin, maar baie keer weet hul nie waar om te begin of wat om eerste te verander nie. Hierdie program is juis vir hierdie doel ontwikkel. Ouer en kind werk saam deur die program en voltooi werkkaarte en oefeninge wat gebasseer is op die Immergroen beginsels. Dit skep die geleentheid om veranderinge in die huis aan hul kinders so te verduidelik dat hul eerstens verstaan en tweedens wíl saamwerk.

Temas* wat die program dek sluit in:

  • Die 5 O’s
  • Die 5 R’e
  • Temperament
  • Gesag en respek
  • Die Tuin van dissipelskap
  • Groeiseisoene
  • Die Kweekhuis

Die formaat:

  • Hierdie program bevat materiaal om aanlyn te lees, luister en/of te kyk.
  • Daar is 6 modules wat jul stelselmatig gaan deurwerk. Die eerste module is onmiddelik beskikbaar, maar die volgende module is eers 4 weke later beskikbaar, en so voorts.
  • Elke module bevat ‘n les met leiding vir die ouer as voorbereiding.
  • Elke module bevat lesse vir die kinders waarvan sommige lesse ‘n video bevat oor een dag in die lewe van Gerrie Groen – die hoofkarakter in die storie: ‘Die Bome in Eikebos.” Lesse bevat aflaaibare PDF dokumente met aktiwiteit-idees, gesprek-vrae en werkkaarte geskik vir kinders vanaf 3 – 10jaar. Ouers gaan ‘n kopie vir elke kind moet druk.
  • Jul sal skryfbehoeftes benodig soos inkleurpotlode, ‘n sker en gom.

Hoe werk dit?

  • Voeg hierdie produk in jou mandjie, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
  • Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
  • Jy het lewenslange toegang.

Besluit vandag om kwaliteit tyd saam jou kind te spandeer wat ewigheidswaarde het.

 

*Giggelgroen Kids is ons produklyn vir kinders en is ontwikkel deur Lydia Kies en Nanette Oosthuizen. Die inhoud van ‘Ons Immergroen Gesin’ stem ooreen met die inhoud van die Immergroen Ouerskapkursus van Hettie Brittz – met toestemming. Kopiereg word voorbehou.