Theresa Appel
Description
Ek is passievol oor die vorming en die geloofsvorming van kinders en ouers/volwassenes. Na ongeveer 30 jaar as Jeugwerker in verskillende gemeentes, skuif ek nou my fokus na Ouerskap en Ouerleiding en die bediening van vroue. Hier in Rawsonville waar ek tans woon was ek ook betrokke in die gemeenskap met kinders en gesinne uit minder bevoorregte omstandighede, en het saam met verskillende organisasies/groepe die First Steps kurses aangebied. Ek is 'n opgeleide Spiritualiteits Begeleier en bied graag wegbreek naweke aan vir vroue en is beskikbaar vir een-tot-een gesprekke. In my vrye tyd lees ek graag en spandeer tyd in die natuur deur te kamp saam met my man en stap graag. Ek is die ma van 2 volwasse seuns so ek ken die vreugdes, vrese en vasbyt van ouerskap. Ek sal graag saam met jou en jou gesin op reis gaan vir 'n seisoen of 2 deur die Ouerskapstuin, en vir jou die oor wees wat luister, die skouer waarop jy kan steun en die een wat jou herinner aan God se beloftes en plan vir jou en jou gesin. Ek hoor graag van jou!
Qualification
Contact Information
Send a Message to this Facilitator
Review this facilitator
Login to Write Your ReviewThere are no reviews yet.