Giggelgroen Kids – Ons Immergroen Gesin

Current Status
Not Enrolled
Price
Closed
Get Started

Beste ouer.

Ons vertrou dat jy die Immergroen Ouerskap kursus baie leersaam, insiggewend en prakties gevind het. Hierdie program is ontwikkel om die eerste gesprekke met jou kinders te inisieer nadat jy die kursus, of selfs net die eerste sessie, bygewoon het.

Dit gee jou idees om jou nuutgevonde kennis en nuwe doelwitte aan jou kinders te verduidelik op so ‘n manier dat hul regtig verstaan, en sommer wil saamwerk. Ons lei jul om dan jul eie praktiese planne te beraam om julle gesin immergroen te maak deur elkeen van die beginsels waarop die ouerskap kursus gebou is toe te pas.

Ons gebed is dat jul kwaliteittyd mooi vrug sal dra.

Hoe werk dit?

Elke module van hierdie program stem ooreen met ‘n tema van die Immergroen Ouerskap kursus. Telkens word daar ook verwys na inligting in jou Immergroen Kursuswerkboek. Elke module bestaan uit lesse wat die volgende formaat aanneem:

  1. #MammaPappa is ‘n les wat aan die ouer verduidelik wat die doel of oogmerk is met die inhoud en ook hoe om die aktiwiteit saam met die kind aan te pak. Dit bevat ook telkens die PDF om te print asook ‘n lys van benodighede, indien van toepassing. Ouers werk deur hierdie les as voorbereiding.
  2. #OnsKlets is ‘n les met onderwerpe om oor saam te gesels – in byvoorbeeld die kar oppad skool toe, of aan die etenstafel – nog voordat julle begin met die inhoud van hierdie program. Hierdie voorafgaande gesprekke is soms baie meer werd as die saamwees tydens die voltooiing van die aktiwiteite.
  3. #Kids is telkens die lesse wat bedoel is vir die kinders. Dit bevat video-grepe met die storie van “Die bome in Eikebos”. Gerrie Groen is die hoofkarakter waarmee jou kind kan identifiseer. Elke module bevat ‘n paar episodes van Gerrie se lewe. Gerrie leer telkens ‘n belangrike lewensbeginsel en dit dien as inleiding vir die aktiwiteit wat jy en jou kind saam gaan aanpak sodat julle die beginsels van Immergroen gesinne se inhoud kan vaslê. Die aktiwiteite sluit in inkleur, knip en plak, raaisels en dies meer, maar skep die baie belangrike geleentheid vir meer vrae en dieper begrip tydens jul saamwees. Kwaliteittyd met ewigheidswaarde!

Geniet dit!


Groete Lydia & Nanette