Video hulpbron: Die Bome in ons Tuin

R150.00

Video-opsomming van haar boek ‘Kweek Kinders met Karakter’ oor die temperament van kinders. Opname deur Hettie Brittz. Lees asb. meer onderaan die bladsy.

Sold By: Hettie Brittz

Description

Die Bome in ons Tuin

Hettie Brittz het ‘n unieke manier om temperament te verduidelik met haar metafoor oor verskillende boomsoorte. Temperament is ‘n God-gegewe ontwerp en die persoonlikheid van elke lid van die gesin is belangrik om te verstaan. 

Ontdek die unieke kenmerke sigbaar in kinders van babadae tot in die tienerjare en identifiseer so jou kinders se boomsoort (roosboompie, palmboompie, sierboompie of denneboompie.) Hettie deel groot-maak geheime vir elke boomsoort –  elkeen het unieke behoeftes, uitdagings en sleutels vir ‘n verhouding. 

In hierdie video-kursus beskryf Hettie die vier hoofboomsoorte en bespreek die impak van hierdie kennis op ouerskap. Die inhoud van hierdie videos is ‘n opsomming van Hettie se topverkoper boek getiteld “Kweek Kinders met Karakter.” 

Die inhoud: 

  • Wat is temperament?
  • Roosboompies en hul grootmaak geheime
  • Palmboompies en hul grootmaak geheime
  • Sierboompies en hul grootmaak geheime
  • Denneboompies en hul grootmaak geheime

Die formaat:

  • Hierdie kursus bevat videos deur Hettie Brittz. 60min in totaal.
  • Videos word gekyk dmv streaming – videos is nie aflaaibaar nie. Jy het daarom toegang tot die internet nodig, sowel as data.
  • Jou aankope word beskerm deur jou wagwoord.

Hoe werk dit? 

  • Voeg hierdie produk in jou mandjie, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
  • Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
  • Jy het lewenslange toegang en kan die videos soveel keer kyk as wat jy wil.

Ontdek die bome in jou tuin vandag!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Video hulpbron: Die Bome in ons Tuin”