Toekomsplanne
R50.00
Videos deur Hettie Brittz oor tieners en moontlike vrae oor hul toekoms. Deel 4 van 4 in die reeks: Ek en my tiener
Description
Toekomsplanne
Die vierde deel van die reeks oor ‘Ek en my Tiener.’
Die Inhoud:
Die oomblik as jou kind hoërskool toe gaan loop die tyd vinniger uit en dan begin jul gesels oor moontlike toekomsplanne. Vrae soos: “Wat gaan hy doen as hy klaar is met skool? Moet sy gaan studeer? Gaan die rigting by my kind pas? Is hy gereed om my huis te verlaat?”
Hettie deel ‘n paar gedagtes wat jou kan help wanneer julle op die punt kom wat jou kind besluite moet begin maak:
- Verbreed hul lewensuitkyk
- Moet my kind universiteit toe?
- My tiener weet nie wat hy wil word nie
- Mensehandel
Let wel: Hierdie videos was uitgesaai op Kyknet se Dagbreek program in 2013. Dit is ook later verkoop op ‘n DVD getiteld: Immergroen Ouerskapwe nke vir Tieners, maar is nie nou meer in daardie formaat beskikbaar is nie.
Die formaat:
- Hierdie aanlynkursus bestaan uit 4 videos met praktiese vrae by elkeen.
Hoe werk dit?
- Voeg hierdie produk in jou mandjie, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
- Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
- Jy kan slegs die videos via streaming kyk – dit kan nie afgelaai word nie.
- Jy het lewenslange toegang en kan die videos soveel keer kyk as wat jy wil.
Gee hul hoop vir die toekoms!
*Loer gerus ook na die ander kursusse in die reeks: ‘Ek en my Tiener’ hier.
Let wel: Ons mees volledigste video-kursus vir ouers van tieners is ‘The Teen Parenting Garden‘ en is ongelukkig slegs in Engels beskikbaar.