Sori Sakkie – vir die Klaskamer

R70.00

Die Sori Sakkie is ideaal for onderwysers in die klaskamer. Maak jou eie Sori Sakkie met die templaat en kyk na die video met instruksies. Lees asb meer inligting onder in die produk beskrywing.

Sold By: Hettie Brittz

Description

Die Sori Sakkie is ‘n dissipline hulpmiddel wat kinders aanmoedig met die nakom van reëls, en opvoeders aanmoedig om gesag konsekwent toe te pas en die gevolge van reëls wat nie nagekom word nie aan kinders te demonstreer op ’n kreatiewe en deernisvolle manier.

Hierdie produk sluit ‘n video deur Hettie Brittz in. Daarin verduidelik sy hoe die Sori Sakkie gebruik kan word. Ontvang ‘n templaat om jou eie Sori Sakkie te maak, asook ‘n PDF lêer met kaartjies om uit te druk wat binne-in jou Sori Sakkie geplaas word.

Die Sori-sakkie Kaartjies is ‘n kreatiewe manier om kinders se wangedrag te korrigeer. Die sakkie bevat kaartjiies – spesifiek vir die klaskamer – waarop gevolge vir oortredings aangedui word. Dis ideaal vir:

  • daardie dae wanneer kinders klein oortredings begaan waarvoor geen logiese gevolg homself voordoen nie, maar wat jy ook nie kan oorsien nie!
  • die kind wat voel jy “pik” op hom/haar.
  • groot groepe en is veral uiters geskik vir situasies waarin jou hande wat dissipline betref redelik gebind is, bv. op ’n kamp, by vakansieskool, in die Sondagskoolklas, in kleuterskole en selfs op laerskool met die grondslagfaseklasse.
  • Die Sori-sakkie is ook in gesins-formaat beskikbaar – die kaartjies is kreatief geselekteer vir die huis.

Hoe werk dit? 

  • Voeg hierdie produk in jou mandjie,
  • Plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
  • Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
  • Jy kan slegs die videos via streaming kyk – dit kan nie afgelaai word nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sori Sakkie – vir die Klaskamer”