Oor Oupas en Oumas
R0.00
‘n Aanlyn kursus deur Hettie Brittz vir ouers oor Oupas en Oumas. Lees gerus meer onder:
Sold By: Hettie Brittz
Description
Oupas en Oumas speel ‘n belangrike rol
Grootouers speel ‘n belangrike rol in kinders se lewens en ouers kan die verhouding tussen grootouer-en-kleinkind beinvloed. Hettie Brittz deel ‘n paar gedagtes met ouers om die waarde van die verhouding te beklemtoon en raad om jou eie verhouding met hulle te versterk.
Die inhoud:
- Die waarde van ‘n Oupa
- Die waarde van ‘n Ouma
- Grootouers se vakansierol
- Grense met grootouers
- Die boekie “So sê Oupa, so sê Ouma.” Daar is tans ‘n spesiale aanbod vir ouers wat hierdie aanlyn kursus voltooi. Bestel hierdie gratis boekie as ‘n geskenk vir die oumas of oupas in jou lewe – ouers behartig net die koste van die posgeld. (Beperkte voorraad – net beskikbaar tot voorraad hou.)
Die formaat:
- Hierdie aanlynkursus bevat 4 videos deur Hettie Brittz. 20min in totaal. Jy sal dit op die webtuiste kan kyk.
- Die gedrukte boekie “So sê Oupa, so sê Ouma” is ‘n sagte bandband volkleur A5boek van 100 bladsye (ontvang via Postnet indien jy die posgeld behartig.)
Hoe werk dit?
- Voeg hierdie produk in jou mandjie, plaas die bestelling en voltooi die betalingsproses.
- Daarna sal jy die titel vind onder MY PROFILE > MY COURSES.
- Jy het lewenslange toegang en kan die videos soveel keer kyk as wat jy wil.
- Details oor die bestelling van die boekie is aan die einde van die aanlynkursus in die laaste les.
Herontdek die waarde van Ouma en Oupa vandag!
Let wel: Hierdie videos was uitgesaai op Kyknet se Dagbreek program in 2013. Dit is ook later verkoop op ‘n DVD getiteld: Fondasies vir ouers, stiefouers en grootouers, maar is nie nou meer in daardie formaat beskikbaar is nie.
You must be logged in to post a review.
Reviews
There are no reviews yet.