Kweek Dissipline met Deernis (Sagteband)

R205.00

In stock

SKU: GHB002 Categories: ,

Hoop vir ons gesinne en ons skole

Dissipline bly ‘n kopseer vir menige ouer en onderwyser. Die gebrek daaraan maak talle klaskamers en huise onregeerbaar. Sommige ouers gooi maar hande in die lug en talle onderwysers verlaat ons skole weens ongeskikte kinders en onbetrokke ouers. ‘n Dissipline-oplossing wat tuis en in skole kan werk, is nou dringend nodig.

Kweek dissipline met deernis is die deurbraakgids vir ouers en onderwysers. Hettie Brittz, ouerskapkenner en skrywer van die topverkopers Kweek kinders met karakter en Kweek kinders deur gesonde gesag, se derde opvoedingsboek is besig om landswyd die boekwinkelrakke met goeie nuus te tref:

Dis nie te laat vir dissipline nie!

Kweek dissipline met deernis rus ouers en onderwysers toe om:

  • die dissipline van kinders van alle ouderdomme reg aan te pak
  • te weet wanneer om streng op te tree en wanneer om ?n kind se gedrag oor te sien
  • ‘n kultuur te skep waarin kinders kan floreer
  • te onderskei tussen agt tipes wangedrag by kinders en om elkeen konstruktief te hanteer
  • kinders voor te berei op die lewe en hulle weerbaar te maak teen die gevare van ons samelewing.

Ten slotte stel Hettie Brittz ‘n splinternuwe dissiplineplan vir skole voor met wenke wat vir altyd kan verander hoe opvoeders na kinders en hulle probleemgedrag kyk.

Additional information

Weight 0.515 g

1 review for Kweek Dissipline met Deernis (Sagteband)

  1. (verified owner)

    This is the perfect handbook to help and coach teachers and parents through difficult disciplanary issues.

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *