Besluit om vandag te begin om daadwerklik aan manipulasie te werk.
Immergroen wil jou bemagtig met hierdie Manipulasiebelofte plakaat.
- Verduidelik aan jou kinders wat manipulasie is en hoe dit lyk.
- Neem die belofte af dat jul mekaar sal respekteer en dat niemand manipulsie sal gebruik om ander te dwing om na jou pype te dans nie. Belowe om met ‘n mooi houding ordentelik met mekaar te kommunikeer. Besef dat jy dalk jou kinders sal moet leer om so te kommunikeer en dit begin deur self die voorbeeld te stel. Dit mag dalk ‘n rukkie neem om nuwe gewoontes aan te leer.
- Druk hierdie PDF en plaas dit op jou yskas of iewers waar die hele gesin dit gereeld kan sien sodra jul gereed is.