Het jy al die boek ‘Kweek Kinders met Heel Harte’ gelees?
Annatjie van Zyl, mede-eienaar van Tall Trees Profiles en mede-outeur van Don’t Change Them Grow Them saam Hettie Brittz, is ook ‘n gesoute Immergoen Ouerskap fasiliteerder en ma van twee dogters.
Kom lees, leer, en gesels saam met haar.
“Dis my gunsteling boek deur Hettie Brittz, dalk omdat ons altwee so hou van die gees, siel, en liggaam benadering.
Dalk is jy iemand wat nie hou van lees nie, of wat begin maar nooit ‘n boek klaar maak nie, of net nie daarvan hou om alleen te lees nie… Of jy lees, maar vergeet weer so vinnig wat jy gelees het, sonder om dit ooit toe te pas en die vrugte van jou (lees)arbeid te pluk…
Dan is hierdie Meesterbrein (MasterMind) sessies wat ek aanbied met die boek Kweek Kinders met Heel Harte dalk net wat jy nodig het.
Ons lees net 1 hoofstuk per week en gesels dan heerlik daaroor in ons Zoom sessies. Ek help jou om die inligting prakties toe te pas en jy hoor ook sommer wat ander ouers dink en sê.”
Ons gaan die volgende bespreek:
- Hoe bou ek my kind se selfbeeld?
- Hoe beskerm ek my kind se hart?
- Hoe maak ek my kind weerbaar in vandag se samelewing?
Hierdie temas is van toepassing op kinders van enige ouderdom, kleuters dwarsdeur tot tieners. Ek dink amper die arme tieners het dit nou nog meer as ooit nodig…
Lees, leer en leef jy saam?
Stap 1: Kry jou E-boek en begin lees
Die e-Boek
Die boek is ongelukkig uit druk uit, maar wel beskikbaar as ‘n e-boek op Amazon. Jy koop die e-boek by Amazon en kan dan daarna die Kindle app gratis aflaai op AppStore of PlayStore sodat jy op enige slimfoon, tablet of rekenaar kan lees.
Bestel jou e-boek op amazon.com
Die koste van die e-boek is nie ingesluit by die kaartjie nie. Bestel en betaal jou eie e-boek op Amazon. Koste beloop ongeveer R188.
Let wel: Daar is geen affiliasie tussen hierdie webtuiste en amazon.com nie.
PS: Dis glad nie ‘n krisis as jy dalk nie tyd kry vir lees nie…
Stap 2: Bespreek jou sitplek vir die Zoom sessies
Annatjie van Zyl bied aan:
- 6 x live sessies via Zoom (van 2uur elk).
- Twee tydsgleuwe – Woensdae aande of Vrydae oggende. Jy kies die tydsgleuf wat jou die beste pas.
- Jy kan al 6 sessies bywoon, of net een – jou keuse.
- Ontvang ‘n GRATIS geskenk (ter waarde van R150) as jy ‘n kaartjie koop om al 6 sessies by te woon!
Woensdagaande @ 19:30
Eerste sessie is 6 September. Koop een kaartjie om al 6 sessies op Woensdagaande by te woon:
Of indien jy net in een of twee sessies belangstel, klik hier vir individuele kaartjies:
Vrydagoggende @ 9:30
Eerste sessie is 8 September. Koop een kaartjie om al 6 sessies op Vrydagoggende by te woon.