Courses/Kursusse

CLICK GERUS OP DIE APARTE KURSUSSE IN DIE DROPDOWN MENU VIR MEER INLIGTING!!

 

  

 

Wat dink die ouers van die kursus/What do parents think of the course?

2014

A fantastic course that excited me, gave me so much hope in bringing my family together in a positive way.  I will be forever grateful to Hettie and off course Jenine, for coming into my life at such an important time with this course.  If every parent did this course, and followed through after the course, I truly believe we would have children who are happier, confident, more disciplined and content with who they are.  Sidohan Hoare (Kalbarri/Western Australia)

****************

This is really a fantastic course and I wish I could have done it a lot earlier in my life.  Nico Eckard  (Geraldton/Western Australia)

****************

Die Immergroen ouerskap kursus is propvol praktiese riglyne en goeie idees wat maklik is om te implementeer, en ouers toerus om doeltreffend met hulle kinders te kommunikeer en as 'n span te dissiplineer, en te bou aan die gesin se normes en waardes.  Suzanne vd Merwe

****************

Bome kan vreeslik moeilik wees om uit te ken. Meeste van ons weet nie werklik wat die verskil tussen bome is nie. Sodra hulle ‘n naamplaatjie aan het, kan ons wel skielik sien dat daar klein verskille tussen die bome is en hoe meer ons dit bestudeer hoe groter raak die verskille. Party het rerig net dorings en party is vaal, todat jy sien watter kleurvolle voëls graag in hulle wil kom nes maak.

Die Immergroen ouerskapkursus het my werklik meer geleer van my bome wat binne my gesin groei en ook die aan die buitekant. Dis interessant om te weet dat as ek my dogtertjie op ‘n sekere manier aanpak ek soveel meer lewensvrugte van geluk uit haar kan kry en dat my seuntjie daarvan hou as ek verstaan van watter bas hy gemaak is. Die kursus het my werklik geleer om na mense te kyk op die manier soos wat God ons wil hê. Daar is nie ‘n regte of verkeerde temperament nie, maar daar is wel ‘n beter manier om die beste uit ‘n persoon te kry, omdat jy die moeite doen om die persoon te verstaan.

Ek glo ek ken my boompies nou beter en ek kan beslis Immergroen ouerskap bedank vir die handleiding wat ek gekry het om my bome tot hopelik volwasse ouderdom te sien groei tot ‘n boom waar iemand sy piekniekmandjie wil uitpak en kan sê: Hier wil ek myself tuismaak!  Reinhilde

**********

Die Immergroen Ouerskap kursus het my geleer om met baie liefde en geduld en deur die Woord jou kinders te leer. Nie dat mens dit nie geweet het nie maar dit is nou mooi uiteengesit en maklik om te onthou en mens verstaan alles beter. Dankie aan Chrizanda wat die fasiliteerder was, sy kon al ons vra beantwoord en nog meer. Sy is voorwaar 'n aanwins!  Nadia Stoltz

**********

Immergroen Ouerskap het ons nie net toegerus om ons kinders beter te verstaan nie, dit stel ons in staat om elkeen se individualiteit te celebrate! Ons dissiplineer nou met fokus. Ons bid nou direkte waarhede in elke kind se lewe wat saam met die tempramente kom. Elke sent die moeite werd!
Jani Bravenboer (Kinderbediening -Doxa Deo Brooklyn)
 
**********

6 Junie 2012

Het beide boeke lank terug gelees en nou die immergroenouerskap kursus gedoen by Jana Schnetler. Dit was die eerste keer wat sy dit aangebied het, maar dit het voorgekom of dit al haar 10de keer was. sy was so oulik en die kursus net so goed. Sjoe , Hettie, jy moes baie gehoor het by Jesus. Maar is bly jy het geluister en oorgedra.

blessings.
kobie

 

Dis ‘n lewensveranderende opleiding. Mens dink en sien dinge anders, in ‘n ander lig. Jy sien waar jy tekortkomings het, en word gehelp om dinge te verander. Daar is ook  sessies wat jy besef jy doen nie so sleg in die algemeen nie.

Jy leer jouself baie beter ken en jou kinders beter verstaan.

Wens my ouers kon die opleiding gehad het toe ons kinders was.

‘n Pragtige, uiters sinvolle, werkbare kursus wat elke ouer wat dit bywoon sal toerus en bemagtig om hulself, hul kinders en huweliksmaat te verstaan, hul “huise” gesond en gelukkig te maak om volwasse Godsvresende gelukkige, gesonde en geballenseerde kinders die wereld in te stuur.

Awesome, awesome, awesome!

‘n Moet vir almal

In die begin was ek baie negatief en het gedink dat Niemand my niks kon leer nie. Ek wou net bevestiging van iemand kry dat die kind stout en onbeheerbaar is, en dat ek reg is met my manier/styl van opvoeding maar…Gou het ek geleer dat ek eintlik die probleem is, want ek verstaan nie my kind nie. Ek probeer om as “stiefouer”van die perfekte weergawe van myself te maak, maar hy kan nooit die perfekte ek wees nie, want hy het sy eie karakter en temperament. Ek is so spyt ek het nie die tipe kursus voorheen gedoen nie want ek weet deur myself te wees het ek baie skade aan my kind gerig, en ek moes myself verstaan en verander voordat ek kon voortgaan om’n ouer te wees.

Ek het so baie uitgemis op my kind se lewe, en het hom so baie “prêt” ontneem omdat ek so streng was. Ek moes leer om te relax en hom die Vryheid te gee wat hom toekom.

Ek het so baie geleer en ek is so dankbaar. Die kursus het my kind se lewe gered want hy gaan nou ‘n ouer he wat hom verstaan vir wie en wat hy is.

Die kursus het ook my perfekte huwelik gered, want al is ons in ‘n perfekte huwelik bly bloed dikker as water en as ek nie Pieter se kind kan aanvaar nie, sou dit my huwelik gekos het.

Dankie, dankie,dankie.

Ek dink as almal net een verandering kan maak sal jy ‘n beter ouer kan wees en vir jou kind ‘n goeie selfbeeld en toekoms kan skep. Om ook ‘n voorbeeld uit die Bybel te kry en te weet jy is op die regte pad. Om kinders te ontwikkel met karakter (letterlik toe te pas)

Nuwe wereld het vir my oopgegaan! Ek kon ‘n beter beeld van myself en al die mense om my kry en sodoende gewoontes optrede kan ek nou beter benader en daarop reageer.

Ek het die Immergroenkursus by my vrou deurloop – tydens haar voorbereiding en ook terwyl sy dit aangebied het (laasgenoemde nie al die lesings nie). Ek het al reeds verskeie kursusse en boeke deurgewerk wat geen oor mens se temperamente, maar die Immergroen kursus is vir my die mees toepaslikste - mens kan die eienskappe van elke boom maklik visualiseer en daarmee identifiseer. Uit ‘n inhoudsoogpunt is die kursus vir my nog diewaardevolste van al die “temperament” – kursusse. Die ander praktiese ouerskapsraad en die deel oor gesagstyle is net so waardevol. Dit help my om myself te verstaan – swakpunte en sterkpunte, asook my kinders. Dit gee ‘n gemeenskaplike terminologie as ons gesin praat oor hoe mense optree. Natuurlik dink ek my vrou is ‘n goeie aanbieder van die kursus. Sy het die gawe om individue se behoeftes raak te sien en aan te spreek. Die kursus in Engels, en vir “pleegouers” is dit eintlik ‘n moelike eerste een om aan te bied, maar ek dink sy het met die Here se genade goed gedoen.

Wat ek besonder waardevol van die kursus vind is dat dit net die inhoudelike deurgee nie- mens ervaar ook die Heilige Gees inspirasie. Ek glo daar is ‘n salwing op die boodskap en dit moet steeds gedeel word om ons te help om ons roeping voluit te kan uitleef.

Seen

Jacques Smit