Mammas mág maar

Current Status
Not Enrolled
Price
136.45 ZAR
Get Started

Hierdie boodskappe is bedoel om ma’s diep te laat asemhaal en verlig te laat sug. Dis die ideale geskenk vir elke ma wat haar bes probeer, maar dit nie noodwendig altyd regkry om by die standaard uit te kom wat sy of ons kultuur aan haar stel nie. Sy gaan op tong-in die-kieswyse weer bevestiging kry van die wonderlike feit dat ma’s nie perfek hoef te wees nie. ’n Ma se liefdevolle moederhart hoef nie net op een manier te klop nie. Dit bevry ma’s van al die moets en moenies deur ‘n paar “mag maars” met elke ma te deel. Ma mág maar… op onmoontlike tye huil, maak of ma haar eie kinders nie ken nie, die kos brand, winkels vermy totdat al die kinders mondig is, en vele meer. Die alledaagse stryd en die snaakse oomblikke van ma-wees word met deernis en humor gedeel, sodat elke ma die verblydende boodskap kry: Ma hoef glad nie ‘n superma te wees om my ma te wees nie!”