Mammas Mag Maar

Hettie Brittz
(0 review)
R 136.45
mammasmag

Hierdie is ‘n aanlyn produk en nie ‘n fisiese produk nie. Jy sal na hierdie produk kan luister deur middel van ‘web streaming’. Sodra ons jou betaling ontvang het sal jy hierdie luister hulpbron vind onder jou profiel. Druk op die woord ‘profile’, regsbo op die skerm. Hierdie produk is dus dadelik beskikbaar om te gebruik. Jy betaal geen posgeld nie en jy kan dit so veel kere as wat jy wil luister.

Ons stel voor dat jy redelike vinnige internet spoed het en Chrome gebruik. 

 

“Vandag se ma’s moet lyk asof hulle nog nooit baba’s gehad het nie, moet tyd vind om hulle naels professioneel te laat doen, en boonop glutenvry en lae GI-kosse kook. Hulle moet by al hulle kinders se aktiwiteite wees, met alle huiswerk help maar nie oorbetrokke wees of hulle mans afskeep nie … Is daar enige ma wat by al die eise kan uitkom? Ek deins al ‘n maand voor Moedersdag terug vir die onafwendbare voorlesing van Spreuke 31 tydens die jaarlikse moedersdagkerkdiens. Hulle verloor my wanneer dit by die deel kom waar die deugsame moeder deur die nag naaldwerk doen. Knope aanwerk ses maande nadat hulle afgekom het tel onder my naaldwerktopprestasies. Ek wonder dan of die e-posse wat ek snags beantwoord of die verslae wat my vriendinne snags tik dalk punte tel? Ek hoop sowaar dit doen, anders maak ek dit nie!

Hierdie CD vir ma’s is bedoel om ‘n ma diep te laat asemhaal en verlig te laat sug. Dis die ideale geskenk vir elke ma wat haar bes probeer maar dit nie noodwendig altyd regkry om by die standaard uit te kom wat sy of ons kultuur aan haar stel nie. Sy gaan op tong-in die-kieswyse weer bevestiging kry van die wonderlike feit dat ma’s nie perfek hoef te wees nie. ’n Ma se liefdevolle moederhart hoef nie net op een manier te klop nie. Dit bevry ma’s van al die moets en moenies deur ‘n paar “mag maars” met elke ma te deel. Ma mag maar… op onmoontlike tye huil, maak of ma haar eie kinders nie ken nie, die kos brand, winkels vermy totdat al die kinders mondig is, en vele meer. Die alledaagse stryd en die snaakse oomblikke van ma-wees word met deernis en humor gedeel, sodat elke ma die verblydende boodskap kry: Ma hoef glad nie ‘n superma te wees om my ma te wees nie!”

 

Jy kan die produk as ‘n CD oop koop. Koop dit hier!

Course Features

  • Lectures 15
  • Quizzes 0
  • Duration 40 minutes
  • Skill level All levels
  • Language Afrikaans
  • Students 1
  • Certificate No
  • Assessments Yes
Hettie Brittz
Hettie Brittz - her ministry is to declare Gods evergreen hope for every individual, relationship, family and community. Hettie is a well known author and is the author of several books, including publications in Afrikaans, Kweek Kinders met Karakter, Kweek Gesonde Gesag, Growing Kids with Character and Growing Kids through Healthy Authority. Hettie is the founder of Evergreen Parenting, a group of more than 200 facilitators in 8 countries who use the course to enable families. In addition, she is the co-developer of Tall Trees Profiles, the first set of locally researched and validated personal and leadership profiles for use in schools, companies, churches and families with the aim to strengthen relationships through a better understanding of individuals and their interaction with others. For more about Hettie and her new book: Unnatural Mom, and more visit her website http://hettiebrittz.com

Reviews

Average Rating

0
0 rating

Detailed Rating

5 Star
0%
4 Star
0%
3 Star
0%
2 Star
0%
1 Star
0%
R 136.45

Leave A Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: