Boektoer 2024

Kweek Kinders met Karakter

Is jy net so opgewonde soos ons?

Hettie Brittz toer Suid-Afrika in Mei 2024 om die nuwe boek vry te stel.

Toerdatums

Hier is ‘n lys van bevestigde optredes. Vir jou gemak verskaf ons die skakels om jou kaartjie te bespreek.

Let wel: EverGrowth Online (die eienaars van hierdie webtuiste) verkoop nie kaartjies nie, is nie betrokke by die reëlings van die optredes nie en verkoop ook nie die boek nie. Ons hou jou net op hoogte.

Is dit ’n persoonlikheidstoets? Is dit ’n ouerskapboek? Is dit ’n terapiesessie?
Ja, ja en ja! Maar dis nie al nie.
Hierdie boek bevat my nuutste kenmerklysies om jou en jou kinders van alle ouderdomme se persoonlikhede raak te vat asook skakels na ons meer wetenskaplike persoonlikheidstoetse vir elkeen wat ‘n formele, akkurater toetsproses verkies.
As ’n ouerskapboek is Kweek Kinders met Karakter nie ’n so-maak-alle-goeie-ouers boek nie. Dit laat ruimte vir elke ouer en kind om in hulle eie dialek en ideale grond te floreer. Elke leser mag maar tot ’n absoluut unieke slotsom kom oor volgende stappe op die verhoudingspad met elkeen in hulle lewe, veral hulle eiesoortige kinders. Beskou die boek as ’n buffet-ete. Kom met jou koekbordjie en kies net soet lekkernye – soos die lysie van jou unieke ouerskapgawes – of bring jou opskepskottel en kom smul aan genoeg voedsel vir jouself en ander om jou. As jy ’n avontuurlustige inligting-eter is, skep selfs van die taaier vleisies in, soos die areas waarin elke persoonlikheidstipe vergifnis nodig kry.

Bl.1 Kweek Kinders met Karakter 2024 C Hettie Brittz.